..for Bloemfontein

[Bloemfontein area plus N1 line, including Colesberg, Gariep, Philippolis (south) and Kroonstad, Welkom (north)]

9 October 2025


Beste almal!

Vir enigiemand wat baie graag Maandagaand na my tjello optrede wil kom luister, kontak Fanie Schoonees en hoor of daar nog spasie by sy huis sal wees?

Sy kontakdetails: 0828298721 / f.schoonees@gmail.com

'n Woordjie van ds Hennie la Grange by wie se huis ek in Hazyview opgetree het:

Ek daag enige een uit om, indien die geleentheid hom ooit voordoen, die Ha!Man se alles-of-niks show te beleef en onaangeraak daar uit te loop. Die man se lyf word instrument, asem, arms, vingers en voete voel-voel en vatvat orals tegelyk, so vinnig dat jy later glo daai tjello en klavier kry iewers bloed vandaan: hulle's almal deel van hierdie woelige stuk mens wat jou met geluide saamvat na plekke toe wat jy mis dat dit seermaak, en na plekke toe wat jy nie ken nie maar graag wil wees. A slice of larger-than-life! Hy gee en gee en gee homself. Dat hy gedaan sy buiging vat, is geen wonder nie, want jy's self leeggetap. Dis jubel-en-juig en rillings-teendie-ruggraat-af-goed hierdie. Verstommend. Letterlik: watter woorde doen gestand?


Ek hoop om volgende jaar weer 'n groter Bloem geleentheid gereel te kan kry. Ek hou jule op hoogte!

Met beste groete
Francois (HA!Man)