HA! en dis al..


Almal wat Francois le Roux ken, weet vanselfsprekend dat hy die Ha!Man is, maar 'n veel kleiner persentasie van gehore wat dwarsoor die wêreld versprei is en hom as die Ha!Man ken, besef sy werklike naam is Francois le Roux.

Nie dat dft alles so ingrypend belangrik is nie. Meer deurslaggewend is dat hy sy reputasie as synde 'n innoverende musiek- en woordeskepper nie net elke keer waar maak nie, maar ook woel om enige konvensie wat hom sou kon beperk, te verskuif. As kunstenaar is Francois uit buitengewone hout gesny - baie soos sy tjello wat nooit sonder die spesifieke houtsoort waarvan dit vervaardig is, so 'n wyd resonerende klank sou kon voortbring nie.

Op die verhoog laat hy hom deur die oomblik lei. Sy kreatiewe krag put hy deels uit 'n geankerde aardsverbondenheid en deels uit sy spontane improvisatoriese vermodns. Laasgenoemde is onder musici 'n uitsterwende fenomeen, maar by Frantois bruis die talent met 'n positiewe stuwing. En wanneer hy 'n orrel in plaas van slegs sy tjello of klavier tot sy beskikking het, laat waai hy eers!

Terwyl die gedagte aan 'n ware, langdurige Afrika-Renaissance voel soos 'n toktokkie wat onderstebo op sy dop le en skarrel, doen Frantois sy deel om sy verbondenheid met die Afrika-grond deur middel van sy komposisies vir rolprente, toneel- en dansproduksies en die vir eie gebruik uit te dra. Hy's 'n kommunikatiewe wese - eerder siels- en liggaamsverrykend as 'n vermaker wat slegs die oombliksgenot van homself en sy gehoor najaag. En as rasionele mens ken baie LitNet-lesers hom uit sy beredeneerde briewe waarin hy enige politiek-, maatskaplike-, ekonomiese- (gerig op die Afrika-realiteit) of kunstenaarskwessies (soos nog onlangs oor die musiekspel "Ons vir jou") takel en dan sy eie standpunte daaromheen stel.

Uit nuuskierigheid wou ek heel eerste weet presies waar die verhoognaam Ha!Man vandaan kom.

Frantois benader die antwoord beredeneerd: "In Stellenbosch het ek teologie en filosofie geswot. Dit was in 'n stadium waar talle vrae in my kop gemaal het. Eintlik het ek van my kop af gegaan. Ek's 'n Transvaler, kom uit 'n baie konserwatiewe agtergrond. Daar was die laat-nag debatteerdery, die Vodlvry-konsert en die hele land was so semi- aan die brand. In die (destyds) liberale Stellenbosch begin ek toe baie van my fundamentele oridnterings bevraagteken. Geloof is ook op die spel geplaas: dis of my bad se prop uitgetrek was en my gemoed leeggeloop het.

"Terselfdertyd het ek die tjello van so te se vooraf leer speel. Op skool het ek finaal gespeel en 'n beurs by Unisa gekry. Maar nou het ek by Dalena Roux, bekend vir haar sukses met beginners, les geneem. Dalena het 'n sterk konneksie gemaak tussen liggaam, gevoel en musiek. Ek moes van voor af leer speel. En dit was ook een van die "triggers" wat my die rol van die rasionele laat bevraagteken het. Een middag in Majuba koshuis stap ek by die trappe af op pad eetsaal toe. Toe slaan 'n "aha!" oomblik my. Dit was asof die twee drade van die Westerse dualisme binne-in my 'n konneksie maak. Toe se ek vir myself: As iemand my nou sou vra wat die sin van die lewe is, sou ek se 'Ha!'.Rasionele begrippe was net nie meer toereikend nie.

Ek moes die sin van die lewe, of musiek, of geloof, ook van binne kon uitdruk. Daarvoor was konsepte, 'n teoriee, filosofiee of 'n geloof te veel kop-gebonde. Dit was asof ek die beperkinge van taal - die taal wat soveel beheers van wat ons glo en doen! - begin insien en besef het: naas die taalwOreld (die rasionele), en onderlangs die wereld van instinkte, is daar erens in die middel - in my hart en bors - die gevoelswereld. HA! kom uit die bors.. .

"Gedurende die negentigers het ek net bekend gestaan as 'Frantois'. Ek het geryloop, alles op my rug gehad. In hierdie tyd is die basis van my improvisasievaardigheid gele. In 2000 skaf ek uiteindelik 'n kar en rekenaar aan en voel ek my verhoogkarakter verdien nou 'n nuwe naam. Ek wou daarmee inhaak by my filosofie van ha! - lewenssin le in die spontane, in asemhaling en 'n gesonde emosionaliteit. Ek word die mannetjie wat 'ha!' kan se. Die "HA!Man"-titel is 'n 'eye-catcher', speek sterk tot kinders, en laat mense vrae vra, wat goed is" meen die swerwer-musikant wat tot 80,000 km. per jaar op vier kontinente afle om selfs vir die mees gensoleerde gemeenskappe op te tree.

Vir 'n tydlank ontvang hy formele komposie-onderrig van Carl van Wyk. Dit was voldoende om hom op die pad na skeppingselfstandigheid te plaas. Maar reeds voor dit het Frantois 'n neo-romatiese styl ontwikkel. Van Wyk het hom nooit in 'n spesifieke rigting gedwing nie.

"Om 'n treffer te kan skryf het te doen met toeganklikheid, maar vir my is die drakrag van enige stuk musiek belangriker as die kitsgewildheid waarin dit vir 'n beperkte tyd kan voorsien. As ek die twee werelde - toeganklikheid en drakrag - by mekaar kan uitbring, het ek my ideaal bereik".

Oor tyd het Frantois ook begin besef dat sy instrumentale/vokale optredes vir hom beperkend begin raak het. Die Ha!Man-konsep het meer vir hom begin inhou: die verhoog wil 'n volledige kreatiewe ruimte word waarin teatrale dimensies ook kan binnedring. Die Ha!Man-gedagte bestaan veral ook daaruit dat mimiek, dans, beweging, elektronika en selfs impulsiewe eksperimente wat soms riskant kan wees, op sy verhoog ruimte vind.

"Wat vrye keuse betref voel ek dat ek enersyds my gehoor in 'n sterker graad van vervoering kan meesleep, maar andersyds hulle ook nader by hulle eie wese en gevoelens kan uitbring. Wat deesdae bykomend gebeur, is beeldprojeksies en teks wat die musiek aanvul. Ek werk ook dikwels saam met kunstenaars uit ander dissplines, soos skilders, digters en bewegingskunstenaars.

"Ek kyk ook na die skepping van 'n sogenaamde 'derde ruimte' - 'n tussen-spasie wat geleentheid bied vir lede van die gehoor om hulself vry uit te druk, sonder om die verhoog te betree. Te dikwels hoor ek van mense na 'n konsert dat hulle gebrand het om te dans of te teken of te skryf terwyl ek optree, maar dan geinhibeer word deur die tradisionele gehoor-etiket."

Jou gehore plaaslik, maar ook die in uiteenlopende lande soos Korea, Duitsland, Nederland, Kanada, Amerika verskil van mekaar. Bereis jy so 'n wye spektrum om jouself as kunstenaar te laat groei, of wat presies leer jy daaruit?

"Hoe meer ervarings ek van die verskillende gehore inneem, hoe meer begryp ek wßt dit presies is wat al daardie mense in gemeen het. Ons het 'n gemeenskaplike oorsprong: geen twyfel daaraan nie. Terwyl ek van dit alles terded bewus raak, is dit vir my onvoorstelbaar dat daar wel kunstenaars is wat hul skeppende of uitvoerende werk totaal kan skei van hul menswees," meen Frantois.

Waar hy die afgelope weke deur Suid-Afrika getoer het, was hy vroedr vanjaar oor tien weke in agt lande vir 28 optredes en slypskole. Wat laasgenoemde betref is hy deur die internasionaal beroemde tjellis Antonio Meneses genooi om een by die Hochschule der Knnste in Bern, Switserland te lei.

"'n Groep strykersstudente en hul direkteur het dit bygewoon. Hier is 'n omgewing gefasiliteer waarbinne spelers vrymoedigheid kry om skeppend te speel: te begin musiek maak met geen voorafgaande plan of idee nie" - dus improvisasie. So suksesvol was dit dat Francois volgende jaar vir verskeie projekte daar teruggenooi is.

Francois sal ook in 2010 betrokke wees by optredes met die Gentse orrelis Paul de Maeyer, asook by improvisasiekursusse wat hy vir Belgiese leerkragte organiseer. "De Maeyer het my vermoede beaam dat improvisasie in Europa maar net so afgeskeep word as in ander dele van die wereld."

Paul Boekkooi, vir Rapport Tydskrif, 26 Julie 2009

.
 


hamanworld.com