BESKRYWING
| Hierdie was 'n projek deur myself geinisieer, in samewerking met Belgiese verhoogdigter Andy Fierens en die Suid-Afrikaanse aktrise, Grethe Fox. Die idee was om Vlaamse en Afrikaanse gedigte byeen te bring. Ek het dit so benader: 3 dele, eerste deel Afrikaanse gedigte met 'n donker kleur, tweede deel Vlaamse gedigte meer eksperimenteel en ekspressief en derde deel, 'n ontmoeting tussen die tale rondom die tema van liefde en lewe. 'n Volledig-simfoniese musiekklankbaan is geskep na aanleiding van keuses uit gedigte soos verskaf deur Grethe en Andy. Andy hoofsaaklik sy eie, Grethe met die werke van Ingrid Jonker en Breyten Breytenbach, waarvoor spesiale toestemming verkry is. Albei medewerkers was vol probleme met die klankbaan en dit het baie oorhaal gekos om dit so op die verhoog te kry - vyf optredes in Suid-Afrika in die jaar 2003. Die opname op die CD is van die laaste optrede by die Universiteit van Tshwane, Pretoria. Die dawerende gehoorreaksie daar het hopelik my kritici se monde tydelik gesnoer.. |