Afriukaner is my naam




 


Geskryf vir die Kolligfees van Aug 2008 (Durban). Koorwerk bedoel vir massakoor. Kan ons nog 'n diep lied uit volle bors sing, 'n lied wat nie terugkyk nie, 'n lied wat nie ander uitsluit nie? Is so 'n lied nie 'n anomalie nie? Wel, hoe dit ookal sy - hier is my klank vir "my" mense, met die hoop dat dit 'n ernstige vreugde kan ontlont oor die werklikhede van die 21 eeu. Ons "benarde" situasie aan die Suidpunt, post-apartheid, is terselftertyd 'n grootse geleentheid en voortgaande bevryding..


After 1994, Afrikaners found themselves rather reduced to minority status and removed from their privileged apartheid enclave. They stopped singing great nationalistic songs. Exclusivity became improper. But the deep emotions cannot be hidden forever. This song addresses that vacuum of meaning: how do Afrikaners connect past and future in their hearts without running away from Africa? This song takes a sweep at Afrikaner history to illustrate how they became adept at bridging two worlds and how historical turmoil gave them a deep emotional treasure trough to dig from. Being who they are, they can, more than any other ex-European population group, form a bridge between Africa and the "first world", between the origins of humanity and the crisis of civilization. Afrikaners are Europeans touched in their hearts by Africa, resulting in a feeling language and a closeness to the earth. This song, composed for the Durban Kolligfees of 2008, gives way to celebrate the new order in which this long-term role can finally be acknowledged and developed to the full.




Vers 1

jy vra my waar kom ek vandaan
en ek wonder of jy sal verstaan
van die Noorde kom klein skippies aan
om 'n weg om die Kaap te kom baan

jy vra my wat het toe gebeur
hoekom hierso die vrede kom versteur
miskien moes ons kom lesse leer
'n nuwe uitkyk wat groei uit die seer

KOOR

Afrikaner is my naam
in twee wêrelde maak ek my staan
ek het my ysterhand verloor
toe ek die hartklop hoor

Vers 2

jy vra my oor die dorre Karoo
en die kleur van die Khoisan se oe
oor trekkers wat waens bewoon
en die klank van 'n taal so skoon

oor bloed en 'n stryd teen die swart
oor 'n boodskap van elkeen apart
miskien is ons hier onttroon
om 'n lewe van vrees te verloen

KOOR

Afrikaner is my naam
in twee wêrelde maak ek my staan
ek het my ysterhand verloor
toe ek die hartklop hoor

Vers 3

Jy vra my oor wat nou gemaak
met misdaad en Escom wat staak
met getalle wat lyk of dit krimp
oor die angs oor 'n skip wat kan sink

het jy nog visie nog hoop
kan die Boer nog sy planne verkoop
miskien word ons hier uitgedaag
om met menslike brugbou te slaag!

KOOR

Afrikaner is my naam
in twee wêrelde maak ek my staan
ek het my ysterhand verloor
toe ek die hartklop hoor

BRUG

van hulle wat ook hier bestaan
van 'n land wat my siel heel ontdaan
van myself wat tog graag wil verstaan
hoe om saam
hoe om saam
as mense ons weg hier te baan

KOOR

Afrikaner is my naam
in twee wêrelde maak ek my staan
ek het my ysterhand verloor
toe ek die hartklop hoor

Afrikaner is my naam
in twee wêrelde maak ek my staan
ek het my ysterhand verloor
toe ek JOU hartklop hoor


 


hamanworld.com