n Ervaring om saam te neem op die pad - 30 Junie 2004 Muskiet Francois le Rous is 'n musikale virtuous wat aantal instrumente aanwend om met sy gehoor te kommunikeer. Die tjello is sy voorkeur-instrument, maar selfs fluit en klavier word gebruik in die tradisie van die Fluitspeler van Hamelin om die gehoor weg te voer op 'n reis in klank en kleur.
Hy bespeel slefs die rekenaar as instrument en lig daaruit foto-herinneringe met byklanke en beelmateriaal, wat bydra tot 'n unieke sensitiewe belewenis waarin die kyker ewe veel bydra tot die geheel, deur middel van innerlike proses wat plaasvind.
Die Ha!man reis reeds 'n aantal jare deur Suid-Afrika en die buiteland met sy sonderlinge vertonings, en sy musikale genialiteit is wyd buite die grense van die RSA bekend; hy vertrek onder meer direk na sy vertonings by InniBos na Engeland waar hy musikale produksiemeester sal wees van Ukkasie - die nou reeds beroemde Afrikaanse kunstefees in Londen - se openingssaanbie-ding in die Royal Albert Hall.
Hy noem homself 'n "spontaneous performance cellist and music creator".
Tydens die skep van Ha!man en die groot vyf vir InniBos, ontmoet Francois oom Schalk, weliswaar nie Lourens nie, maar Pienaar. Maar die oom Schalk is 'n ewe goeie storieverteller as sy vermaarde naamgenoot, geskep deur Herman Charles Bosman.
Oom Schalk Pienaar is nie 'n karakter in 'n verhaal nie, hy op sigself is 'n verhaal. Hy is 'n storieverteller soos min en het in sy 92 jaar onder andere toneel gespeel, 'n boek geskryf getitel 'Die Wildernis In' en daar het hy homself leer teken. In die wildernis het hy ook self beeld materiaal en dieregeluide versamel.
Die ontmoeting tussen hom en Francois le Roux - die Ha!man, was onvermydelik en Francois se: "Sy insluiting sal a waardevolle lewende stuk Africana aan die publiek lewer." Hierdie produksie is spesiaal ontwerp en geskep vir InniBos, op die voorstoep wan die wildtuin.
Die opspraakwekkende nuwe musiek van die Ha!man word in hierdie multimedia ervaring gekombineer met klanke van wilde diere, by name die groot vyf. Die legendariese wildernis-reisiger, oom Schalk Theon (92), verlewendig die vertoning met sy stories en gedagtes rondom die groot vyf se lewe in die natuur. So word die drama, die atmosfeer en betekenis van ons verhouding tot die wild daarbuite 'n meervoerende simfonie.
By die Ha!man, oom Schalk end die Groot Vyf sal u die diere hoor soos nog nooit tevore nie, u sal stories hoor wat u nie weer sal vergeet nie, en u sal 'n ervaring meermaak om saam te neem op u pad.
Verslaggewer, Muskiet, Mbomnela, 16 Mei 2004
HA!Man naskrif: Oom Schalk het uiteindelik die rype ouderdom van 103 behaal en het rustig heengegaan in 'n ouetehuis op Humansdorp