HA!Man sonder Grense


Tjellis bring sy kuns na die mense

Almal wat Frantois le Roux ken, weet hy is die HA!Man, maar aanhangers van die HA!Man weet nie altyd sy regte naam is Frantois le Roux nie. Of dat hy in Brixton grootgeword het en op 10 jaar oud al 'n vaste pos as orrelis van die NG kerk Cottesloe gehad het.

Dit wil gedoen wees. Hy het destyds R50 per maand verdien by die kerk. "Ek het so R15 daarvan gespaar en met die res het ek goed gekoop soos 'n tafeltennisstel op wiele, 'n windbuks, gereedskap vir handwerk?...

"Ja, metaalwerk was een van my vakke op skool," se die tjellis wat vandag kan saampraat met van die bestes en grense bloot sien as iets wat verskuif moet word.

Hy maak musiek oor die wereld heen en gee van sy siel waar hy ookal kom. Elke jaar doen hy konsertreise van twee maande in Europa, twee maande in Noord-Amerika en dan ook so twee weke in Asid. Sy afgelope Europese toer het agt lande gedek met vir 28 optredes en slypskole. Tydens hierdie toer is hy onder meer deur die internasionaal beroemde tjellis Antonio Meneses genooi om 'n slypskool by die Hochschnle der Kunste in Bern, Switserland te lei.

" 'n Groep strykerstudente en hul direkteur het dit bygewoon. Soos gewoonlik het ek 'n omgewing geskep waarbinne spelers die vrymoedigheid gehad het om musiek te maak sonder 'n voorafgaande plan of idee - dus improvisasie."

Dit was so suksesvol dat hy teruggenooi is om 'n reeks meesterklasse aan van die wereld se top musiekstudente daar aan te bied.

As hy in Suid-Afrika is soos nou, is daar min tyd vir rustig wees in Hogsback, die plek wat hy nou sy tuisdorp noem. Hy toer deur die land en bring sy kuns na alle soorte mense - vanaf plase en kleindorpies tot in die hartjie van ons stede.

Hoewel musiek duidelik van kleins af deel van sy lewe was, was die verhoog en alles wat daarmee saamgaan nie noodwendig wat hy aanvanklik wou doen nie.

Na sy diensplig is hy in die jare tagtig na Stellenbosch - om 'n dominee te word.

"Ek was 'n konserwatiewe KP-man en my kop het preekstoel toe gestaan. Toe gebeur daar egter soveel in my kop dat al my sekerhede in drie jaar soos badwater uit my uitgevloei het.

"Ek is gekonfronteer deur nuwe en wyer gedagtes. Alles het soort van losgekom in my en ek het mettertyd besef musiek is my eintlike passie. Ek het na B Mus oorgeslaan en toe na twee jaar besef die formele musiekwereld bied nie meer 'n uitdaging nie.

"Ek wou nie net n=g 'n tjellis of komponis wees nie. Ek wou meer wees?... of dalk minder."

Op 'n vraag oor die verhoognaam HA!Man, vertel hy aan Paul Boekkooi van sy universiteitsdae, die laatnag-debatte, die Voelvrykonserte en 'n land wat semi aan die brand was.

"Daar in die (destyds) liberale Stellenbosch het ek toe my fundamentele oridntering begin bevraagteken tot die dag dat 'n 'aha!'-oomblik my een middag in Majuba-koshuis geslaan het. Dit was asof die twee drade van die Westerse dualisme binne-in my 'n konneksie gemaak het. Toe spring dit by my op: as iemand my ooit weer sou vra wat die sin van die lewe is, sal ek bloot se 'HA!'.

"Rasionele begrippe was net nie meer toereikend nie. Konsepte, teoried, filosofied of 'n tradisionele geloof is te kop-gebonde. Ek het die ander wereld - die gevoelswereld - in my hart en bors herontdek. HA! kom uit die bors.."

Daar was tye as jong man dat hy Europa toe wou trek.

"Ek het gedink my wortels le daar. Maar nou weet ek my wortels le veel dieper in Afrika. Dis waar ek myself en my inspirasie vind."

Dalk het die feit dat hy die land vyf jaar lank deurkruis het met sy alles wat hy besit het op sy rug, iets te doen met sy verbondenheid aan die kontinent.

"Ek het geryloop en aan die lewe gebly deur busking en optredes waar ek kon. Dis op straat waar die grondslag van my improvisasievaardigheid gele is. In daardie jare was dit ook veral die Fringe ("randfees") by Grahamstadse Fees waar ek my kon uitleef. Niemand het jou gekeer of gekeur nie. Jy kon op die planke bring wat jy wil. Ek het geeksperimenteer met rou verhoogwerk soos "Birth," "One Man and a Cello" en "Francois on Piano." Veel meer as net musiek was betrokke."

In 2000 het hy 'n kar en rekenaar gekry. 'n Vrou in sy lewe het hom laat soek na groter vastigheid en hy het besef hy moet 'n nuwe verhoognaam kry.

"My naam moes aansluit by my "filosofie" van HA! Die sin van die lewe le gekiem in die spontane, in die ritme van asemhaal en 'n gesonde emosionele lewe.

"S= word ek toe die mannetjie wat 'ha!' kan se. Die 'HA!Man'-titel is seker ook 'n eye catcher. Dit spreek tot kinders en laat mense vrae vra, en dit is goed," se die swerwer-musikant wat tot 80,000 km per jaar op vier kontinente afle om voor selfs die mees gensoleerde gemeenskappe op te tree en slypskole aan te bied.

Hy het ook mettertyd besef dat sy instrumentale/vokale optredes beperkend raak. Die HA!Man-konsep het mTTr van hom gevra: die verhoog moet 'n volledig kreatiewe ruimte word waar mimiek, dans, beweging, elektronika en selfs impulsiewe eksperimente bymekaarkom.

"Ek wil my gehoor meesleur, maar ook nader aan hul eie wese en gevoelens uitbring. Deesdae bring ek beeldprojeksies en teks by wat die musiek aanvul. Ek werk dikwels ook saam met kunstenaars uit ander dissiplines, soos skilders, digters en bewegingskunstenaars."

"Ek dink verder baie oor die skep van 'n sogenaamde derde ruimte - 'n tussen-spasie waar mense in die gehoor hulself vryelik kan uitdruk sonder om op die verhoog te wees. Mense is te dikwels gennhibeer deur die tradisionele gehoor-etiket."

Die HA!Man laat hom nie inhibeer nie. Mense wat sy konserte bygewoon het, kan nie uitgepraat raak oor die energie wat die man in sy optredes blaas nie.

Dalk is dit die rede waarom hy op 43 nog so fiks en sterk is met 'n lyf waaroor vele jonger manne maar net kan droom?

"Ja. Die enigste oefening wat ek egter kry, is op die verhoog en om swaar instrumente rond te dra. Dalk dit genoeg!"

En hy eet baie gesond. Rou kos. Voeg daarby 'n yskoue stort elke oggend vir die "bloed-rush en om jou warm te maak vir die res van die dag", en jy raak-raak aan die eerste bestanddele van die HA!Man-resep vir jeugdigheid.

Wat die toekoms betref, is hy baie positief.

"Ek kan nie my ambisies maklik "pinpoint" nie. Dit wat ek doen, het 'n lewe van sy eie en groei organies. Ek wil wel my gehore uitbrei en my besoeke beter integreer - samewerkings en slypskole wat uitloop op 'n groot konsert. My fokus bly lokaal wat uibrei na globaal. Ek wil iets van die universele van menswees inneem en oordra."

"En asseblief, ek wil tog net nooit op een plek gaan stil staan nie!"

Vir inligting oor optredes deur die HA!Man, besoek die webruimte www.hamanworld.com


Paul Boekkooi vir Rapport Tydskrif (voorbladfoto, p2, p3, p4), 23 Aug 2009

.
 


hamanworld.com