HA!Man doen Musiekdireksie vir die Ukkasie Feeskonsert (Royal Albert Hall, Londen)


Van die dag wat Francois le Roux as vierjarige kleuter op die klavier begin tokkel het, is twee soorte musiek deel van sy lewe: wat hy noem formele en spontane musiek. Na sy formele opleiding in klavier en tjello, het hy op 21 besluit om hom tot die laasgenoemde te wend - musiek wat nie van note af gespeel of gememoriseer word nie, en dus verander saam met die gees van die geleentheid.

"Dit laat mens toe om die oomblik vas te vat en daar en dan iets te skep," verduidelik Francois. "Mense is nie gewoond daaraan nie, maar dit vind geweldige aanklank dwars oor kulture en lande. Dit raak mense aan, want dit steun nie op taal of tradisie nie."

Om kos op die tafel te sit, het Francois sy musiek strate toe geneem. Deur sy duimgooi-dae het hy nuwe dinge geleer, vertel hy, soos om te fluit en te sing saam met die tjello en 'lyfmusiek' te maak. Toe Suid-Afrika se strate te klein raak, het hy oorsee gemik en deur Europa, Dubai en Amerika met sy musiek getoer. Die riemtelegram en 'n databasis vol kontakte het hom van een huiskonsert na 'n ander gelei.

Maar Francois kompeneer ook formele klassieke musiek en het aan die klankbane van vele verhoog en televisieproduksies in Suid-Afrika gewerk.

Toe hy 'n jaar gelede een van sy komposisies, Her Time Has Come, by 'n huiskonsert vir UKkasie organiseerder Maryna Blomerus gespeel het, het sy geweet hier kom iets groots. Vir lank speel sy al met die idee om Afrikaanse kunstenaars na die Royal Albert Hall te bring - 'n tipe Afrikaanse Proms - en sy het dadelik geweet Francois se Afrika-lied sou die perfekte ruggraat vir so 'n produksie vorm.

Vanjaar, op Saterdag 10 Julie, span Francois saam met van Suid-Afrika se top sangers om die tema van sy komposisie deur 'n string Afrikaanse treffers te weef.

"Die hele ding oor mense verhoudings in Afrika hou my al baie lank besig," verduidelik Francois die inspirasie agter die temalied, Her Time Has Come. "Die clichT houding teenoor Suid-Afrika is dat dit derde wOrelds is, met vele probleme, en 'n land wat haarself eers moet bewys. Dis 'n baie Westerse uitkyk.

"Ons moet besef daar is meer aan Afrika as die materidle. Daar lO diep wortels oor millennia heen. As toeriste die Cradle of Humankind in Suid-Afrika besoek is daar 'n bordjie wat se 'Welcome Home' - die idee dat alle mense hulle oorsrprong in Afrika het word aangespreek. Dis die mees lewensryke kontinent; mens voel tuis daar, jy voel in jou habitat. Vanuit hierdie oogpunt is Afrika eerste wOrelds."

Met Her Time Has Come wil Francois sO die tyd het gekom dat wit Suid-Afrikaners hulle verhouding met Afrika regstel en so bydra tot die heling van die kontinent.

"Blanke Suid-Afrikaners worstel die meeste met hierdie verhouding," sO hy. "Ons moet onsself afvra: 'Wat het ek aan Afrika?' Aan die een kant is daar 'n hunkering na Afrika, na Xhosas en Zulus, na die hele vibe. Aan die anderkant is daar die angs van onsekerheid en onbekendheid - al het jy daar grootgeword.

"Ons het onsself getrick tydens apartheid deur Suid-Afrika te sien as 'n verlenging van Europe - maar nou kan ons nie meer nie.

Hierdie tema vorm 'n draad wat deur die Royal Albert Hall produksie getrek word. Maar Francois is huiwerig om die produksie te diep te interpreteer.

"Die lyf van die produksie bly Afrikaanse kunstenaars wat hulle treffers kom sing. Mens moet die twee balanseer. Die gehoor moet kry wat hulle geniet en soek, maar dit moet ook dieper as net entertainment gaan, wyer as net nostalgie," sO hy. Hy hoop dat dit 'n klein saadjie sal plant om Suid-Afrikaners wat uit die land uit is se 'wait and see' houding te verander. "Dit moet jou help om daai verdere tree te neem, om vir jouself vashoupunte in Afrika te kry wat jy kan vertrou sodat jy 'n tree nader kan gee en sO: 'I give you the benefit of the doubt'. Dit gaan nie maak dat jy noodwendig daar bly nie, dit gaan nie die land se probleme wegneem nie, maar dit sal die stagnering wegvat."

Francois hoef nie so diep te gegrawe het soos wat mens sou dink om spore van Afrika in Afrikaanse musiek te vind nie. Liedjies soos Laurika se Kinders van die wind het 'n existentiele spiritualiteit, merk hy op, terwyl haar Mannetjies Roux die grondsgevoel van 'n plaas in Afrika goed vasvat.

"Daar fs die kontras van Hienz (Winckler) en Nianell se kommersiele musiek reg langs Afrika musiek, maar die meeste musiek wat ons vandag hoor klink soos wat dit klink weens die invloed van Afrika musiek," merk hy op.


Verslaggewer, SA Times, Londen, 10 April 2004

.
 


hamanworld.com