Onderhoud vir 'n optrede in Kimberley


Wat behels die show by Gruispad?

Die gewone HA!Man vertoning met 'n spesiale tema: Gedigte wat handel oor reis deur myself en Marlene Zwiegers, deur ons voorgelees en met spontane musikale begeleiding deur myself. Hierdie gedigte handal oor plekke waar ons gereis het, maar ook or dimenesies van die begrip reis. Daar sal ook videobeelde vertoon word. Die HA!Man show is met elke optrede 'n unieke vloei van tjello met eletroniese begeleiding (ek put uit 'n groot poel van musiek, alles oorspronklik deur myself wat 'n wye verskeidenheid van musiekstyle insluit. Vanaf lig, tot dromerig tot baie energiek tot passievol tot musiek wat 'n unversele karakter het). As die oomblik my lei, dans ek ook, sing, speel klawerbord en kry gehoorlede om saam met my te kom improviseer.


Wat het jy alles gedoen vandat ons jou laas gesien het (reader's digest weergawe as dit te veel is om op te noem)?

Sjoe, sedert Maart verlede jaar was ek vir 'n week in Suid-Korea met 4 optredes, 2 maande in Europa en die VK met 28 optredes, 2 maande in Kanada en die VSA met 35 optredes (20 000km gery), 'n week in Namibie met 4 optredes en die res in al die hoeke van Suid-Afrika met wie weet hoeveel optredes, werkswinkels en klankbaanprojekte. 'n Hoogtepunt was die finale konsert van die onlangse Suidoosterfees waar die lied wat ek vir Afrika geskryf het (Her Time Has Come) met maasakoor, orkes, DNA Strings en Zanne Stapelberg uirgevoer is.


Wat is mense se reaksie op jou shows? Was daar al ooit negatiewe kritiek?

Reaksies soos: Jis, ek is nie 'n musiekkenner nie, maar ek het sit nou BAIE geniet.. Mense se dikwels hulle word baie geinspireer. Ander se hulle voel oorweldig en kan nie eintlik iets se nie. Ander is weer gefassineer deur die "opwindende" gebruik van die tjello in kombinasie met moderne tegnologie. Woorde soos "briljant," "onvergeetlik," en ook "geniaal" kom dikwels voor. Mens weet nie van al die negatiewe kritiek nie, want mense praat nie sommer daaroor met jou nie. Maar daar is, veral vanuit die geledere van streng klassiste wat nie hou van die speelsheid waarmee ek die instrument hanteer nie. Ook nie van die feit dat ek vele maniere gebruik om myself uit te druk nie (ek moet meer "spesialiseer"). Dan is daar die anti-tegnoloee wat net akoestiese klank wil hoor (ek oorwin wel sommige van hulle). Partymaal is daar kleiner lastighede soos musiek wat (net-net) te hard is. Oor die feit dat ek my eie "mixing" van die verhoog af doen en ek nog nie 'n beligtingsstelsel het nie verwag ek kritiek, maar kry dit nie.


Wat hou die toekoms vir jou in?

Ek het groot gevoelens vir groot sake, soos die toestand en toekoms van die mensdom, van Afrika, Suid-Afrika en die Afrikaners. HIerdie word in my musiek uitgedruk, maar ek praat en skryf ook daaroor. Wat ek vertrou die toekoms sal inhou is dat ek die platform sal kan ontwikkel om hierdie sake effektief aan te spreek, en 'n bydrae te ka maak. Dit impliseer dat ek plaaslik en internasionaal 'n profiel en stem ontwikkel wat gesien en gehoor en mee gekommunikeer word. Die pad is al 'n ent weg, maar die kruin is nog ver. Ek beplan om 100 jaar oud te word - as ons dan nog almal hier is..


Wat inspireer jou?

Mense, plekke, die natuur en vele kunstenaars in die hede ne verlede wat die menslike hart, verstand en liggaam kan en kon roer.


Wat is jou ideale? Wat hoop jy om deur jou kreatiwiteit te bereik?

Kreatiwiteit het nie doelstellings nie. Dit werk met die nou. As ek 'n ideaal het daarmee, is dit dat my kreatiewe tuin sade sal verpsrei wat ander tuine laat opkikker, herleef, en nuut begin. As kreatiwiteit eg is, dit wil se regtig put uit jou donkerste, en daarmee iets voortbring wat 'n onmiskenbare nuutheid en outentiekheid bevat, het dit verskeie kragte: 'n helende krag, 'n spirutuele krag, 'n kommunikerende krag. En dit is wat ons wereld nodig het: sommer baie heling, 'n spiritualiteit wat ons nader aan mekaar bring en nie kunsmatig in geloofskampe opsplit nie, en effektiewe kommunikasie om die globale krisisse waarmee ons sit aan te spreek.


Hoe lank speel jy nou al tjello?

33 jaar.


Beskryf jouself.

Te veel van 'n optimis, baie kind, maar ook geslaan met perfeksionisme. Sensitief in gevoel en gehoor, daarom dikwels meer eenkant. Lief gemix met geirriteerdheid, sensueel gemix met skaamheid en uniek gemix met "haai, jy lyk net soos..!"


HA!Man 23 Januarie 2007


 


hamanworld.com