Onderhoud met Skoolkoerant


1. Hoe het u op u bynaam besluit?

Ek wou wegkom van 'n rasionele konsep. HA! is 'n gevoel, 'n asemteug. En dit kan op baie maniere geinterpreteer word. Plus, dit laat mense vrae vra!


2. Wat maak u werk so lekker?

dat ek myself kan wees en daar heeltyd ruimte is vir iets kreatiefs.


3. Hoe het u besluit op u beroep en watter stappe moes u deurgaan om te kom waar u nou is?

ek het baie rondgeval omdat ek in vele rigtings belanggestel het. maar belangstelling was op die ou end nie genoeg nie. moes myself afvra: wat WIL ek regtig doen. en musiek was die eerste spontane antwoord. om by die HA!Man uit te kom vanaf 'n klassieke musikant, was natuurlik 'n hele storie op sy eie..


4. Was hierdie beroep u eerste keuse?

nee. ek het eers vir predikant studeer - en my BA met Teologiese vakke klaargemaak op Stellenbosch. op skool het ek ook gedroom van boer word, ingenieur, en onderwyser.


5. Sommige kunstenaars se dat die musiek met hulle praat, is dit in u geval ook so?

musiek "praat" maar altyd ja. nie altyd mooi dinge nie. musiek kan my ook verveel en soms walg. dan is daar die musiek wat my aan my hartspiere gryp en tot anderkant die sterre gooi (en dit is skaars!)


6. U improviseer baie met die gehore, het u 'n spesiale liefde vir jazz? Wat is 'n gunsteling tipe musiek of genre?

nie sterk op jazz nie. sekere klassieke werke, Wes-Afrikaanse musiek, en daardie hartpsier-musiek wat jy in elke genre kry..


7. Waar kom u aan u idees en konsepte?

as ek geweet het, so ek nou skatryk gewees het. :
ek maak net seker dat my inspirasievlak hoog bly, dus, RUIMTE vir myself, BEWEGING (reis) en intieme tyd spandeer met spesiale mense


8. Wat was een van die mees onvergeetlikste oomblike in u lewe as kunstenaar?

Om in die Royal Albert Hall op te tree, asook saam met Joe van der Linden op die kitaar in 'n restaurant in PE..


9. Watter instrumente kan u alles bespeel en watter een is 'n gunsteling?

Tjello, klavier, orrel. 'n GOEIE klavier sal altyd my gunsteling bly.


10. Hoekom tree u kaalvoet op?

want dis blerrie gesond

 

HA!Man 10 February 2010


 


hamanworld.com